Sedgars open asemrowende wêreldklas-winkel in Vereeniging!
Kom ervaar die nuwe era in Sedgars se nuwe winkel en maak gebruik van hul vele openingsaanbiedinge en feestelike promosies!
VEREENIGING. – Oor die afgelope 41 jaar het Sedgars in Marklaan, Vereeniging, gegroei tot ‘n luukse inkopiebaken in Suid-Gauteng. Nou het ‘n nuwe era begin met Sedgars se onlangse verhuising na ‘n indrukwekkende nuwe winkel in Leeuwenhoekstraat 2, Duncanville.
Na ‘n nederige begin in die vroeë 1980’s in ‘n klein klerewinkel met ‘n personeel van slegs drie, het Sedgars nou ‘n personeelkomponent van sowat 100 toegewyde assistente wat verseker dat elke kliënt welkom en tuis voel.
Die nuwe Sedgars-winkel in Duncanville herinner ’n mens aan luukse winkels in New York of Dubai, maar met een groot verskil: By Sedgars kry jy die hoogste gehalte produkte teen verbasend mededingende pryse!
By Sedgars kan jy talle inkopies onder een dak doen. Hier sal jy al die nuutste handelsmerke en jongste modeneigings aantref, met toegewyde personeel byderhand om jou met kundige advies by te staan oor ‘n groot verskeidenheid juweliersware en horlosies, handelsnaamklere, jeans, skoene, sonbrille, parfuum, leerware, sportklere en -toerusting , formele drag en nog vele meer om van te kies.
Dit bied ook die heel nuutste in huisware, meubels en ‘n groot reeks ingevoerde linne. Die uitgebreide bagasie-afdeling hou al die bekendste handelsmerke in voorraad waar ervare verkoopspersone byderhand is om jou te help om die regte keuse volgens jou unieke behoeftes te maak.
Sedgars het saamgespan met klank- en visuele kundiges SoundX, wat in tuisteaters en klankoplossings spesialiseer. Kom maak gerus ‘n draai in hul demo-ateljee in die winkel!
Die nuwe Sedgars spog ook met ‘n salon en spa, met ‘n manshaarkapper wat na verwagting volgende jaar sal open.
Onthou ook dat Sedgars skoolklere van verskeie Vaaldriehoekse skole teen baie mededingende pryse verkoop.
En na ‘n unieke inkopie-ervaring kan kliënte heerlik in die winkel se in-huis restaurant ontspan.
Kom ervaar die nuwe era in Sedgars se nuwe winkel en maak gebruik van hul vele openingsaanbiedinge en feestelike promosies!
* Lees meer op hul webblad by https://www.sedgars.co.za/qq

PHOTOS: Nicky J van Vuuren – Chilli PicNic Photography



