Local newsNews

Dis Kersfees… laat die oorlog verby wees!

"Gun jouself bietjie pret en geluk maar ook aan dié naby jou, die jonk en die oud. Ons wens vir almal 'n Kersfees sonder vrees, vir rykes en armes van alle kleure..."

Deur Phil C. Pretorius, Raadsheer en Hoofsweep, Midvaal Munisipaliteit
Op 24 Desember 1914 gedurende die Eerste Wêreldoorlog het die vyande oor die loopgrawe hulle wapens neergelê en met Kersliedere mekaar tegemoet gegaan en vir een aand saam in vrede Kersfees gevier. Daardie aand staan sedertdien bekend as The Christmas Truce, Weihnachtsfrieden (Duits), Kerstbestand (Nederlands) of Trêve de Noël (Frans). Wanneer ons iemand terg waarvan ons baie verwag maak ons gebruik van die vergelyking dat ons nie “WÊRELDVREDE VAN HOM/HAAR VERWAG NIE”, so asof dit iets is wat onhaalbaar is. Dit is moontlik om hierdie rede dat ons die konsep so nastreef en begeer.

In 1971 skryf John Lennon en Yoko Ono die Kerslied Happy Christmas (War is over) in protes teen die Viëtnamoorlog. Die wysie is pragtig en dralend maar die woorde weerklink deur ons tyd. Tussen die hooflirieke deur val ‘n kinderkoor saggies in met die woorde: “War is over, if you want it, Now!”
Na ‘n moeilike 2022 wil ek hierdie lied aan julle opdra en vra dat jy dit sal luister en op jou eie konteks van toepassing sal maak. Sit die lied aan, luister en lees dit gerus saam: Oorspronklike Lennon weergawe – https://youtu.be/flA5ndOyZbI , Celine Dion opname – https://youtu.be/73-mmd7RyS0.
Vra jouself wat het jy gedoen hierdie jaar? Wie het jy gehelp of wie het jou gehelp? Gun jouself bietjie pret en geluk maar ook aan dié naby jou, die jonk en die oud. Ons wens vir almal ‘n Kersfees sonder vrees, vir rykes en armes, van alle kleure… want almal wil tog Kerfees vier. Maar die belangrikste van alles: Die oorlog (of baklei of huil of ly of steel of lieg of beswadder of leed aandoen) IS VERBY as jy vandag so besluit.

Happy Christmas (War is over)

So this is Christmas
And what have you done?
Another year over
And a new one just begun

And so this is Christmas
I hope you have fun
The near and the dear one
The old and the young

A very merry Christmas
And a happy New Year
Let’s hope it’s a good one
Without any fear

And so this is Christmas (WAR IS OVER)
For weak and for strong (IF YOU WANT IT)
For rich and the poor ones (WAR IS OVER)
The world is so wrong (NOW)

And so happy Christmas (WAR IS OVER)
For black and for white (IF YOU WANT IT)
For yellow and red ones (WAR IS OVER)
Let’s stop all the fight (NOW)

A very merry Christmas
And a happy New Year
Let’s hope it’s a good one
Without any fear

And so this is Christmas (WAR IS OVER)
And what have we done? (IF YOU WANT IT)
Another year over (WAR IS OVER)
And a new one just begun (NOW)

Ans so this is Christmas (WAR IS OVER)
I hope you have fun (IF YOU WANT IT)
The near and the dear one (WAR IS OVER)
The old and the young (NOW)

A very merry Christmas
And a happy New Year
Let’s hope it’s a good one
Without any fear

War is over over
If you want it
War is over
Now

“Happy Xmas (War Is Over)” – 1971 geskryf deur John Lennon en Yoko Ono.

Geseënde Kersfees aan al Midvaal se inwoners en mag 2023 net voorspoed en guns op julle pad bring.
Midvaalgroete, Phil.

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button