Local newsNews

Koos Kombuis sing Vaaldriehoek-sakeman se gedig oor die Karoo

"Luister na die woorde. As jy ooit een nag deur die Karoo ry en stilhou, sal mens dit verstaan."

 

Baie inwoners van die Vaaldriehoek ken Kobus Pienaar as ‘n suksesvolle sakeman van die Vaaldriehoek (onder andere eienaar van die gewilde Benedetto on Vaal trou-venue langs die Vaalrivier), maar min mense weet dat hy ook gedigte skryf en onder die naam “Cabousi” skilder.

Kobus, wat graag deur die land reis, het ‘n besonder sagte plek vir die Karoo en het al heelwat tonele van dié streek geskilder en ook gedigte oor die uitgestrekte deel van ons land geskryf.
Hy het onlangs een van sy Karoo-gedigte met Koos Kombuis gedeel, wat dit sommer vir die lekkerte getoonset het – gedeeltelik op die wysie van “Al lê die berge nog so blou”. (Volg die skakel heel onder om daarna te luister)

“Luister na die woorde. As jy ooit een nag deur die Karoo ry en stilhou, sal mens dit verstaan. Aberdeen en die mooi Kamdebo-berge word genoem, my pa se grootword-wêreld. Sover my kennis strek, was ek en my broer Hugo die eerste tweeling wat in Aberdeen se groot kerk gedoop is,” sê Kobus.

Foto’s onder: Kobus Pienaar by een van die skilderye wat hy al onder die naam Cabousi van die Karoo geskilder het.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button