Local newsNews

Kies jou roete goed voor jy liggies gaan kyk!

Van Vereening tot by die Fochville-kruising lyk die pad plek-plek baie sleg

Karin Niemand Holtzkamp van die Vaaldriehoek skryf:
Vriende van die Vaaldriehoek, as julle Potchefstroom toe sou gaan om na die liggies by die Abraham Kriel Kinderhuis te gaan kyk, sou ek die Paryspad aanbeveel. Hopelik lyk hy beter as die Vereeniging/Potchpad.
Ons het op 11 Desember die Potchpad gery. Motoriste moet die pad beslis nie in die aand ry nie en ook nie as dit reën nie. As jy ‘n Waze-satellietnavigasiestelel het, is jy redelik veilig maar nee, ek sal dit steeds nie ry met die reën nie. Die pad lyk baie sleg in die omgewing waar hulle altyd die Jack Russels verkoop. In kort, van Vereening tot by die Fochville-kruising lyk die pad plek- plek baie sleg en ek bedoel BAIE sleg. Veilig ry. Baie Sterkte.

 

Talle inwoners van die Vaaldriehoek beplan om teen ‘n geringe bedrag na die liggieskouspel by die Abraham Kriel Kinderhuis in Potchefstroom te gaan kyk. Maak net seker jy kies die regte roete as jy Potch toe ry, sê Karin Niemand Holtzkamp.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button