Beskuldigde in van Heerden-moordsaak weer in hof
VANDERBIJLPARK. – Die beskuldigde in die moordsaak van die 61-jarige Daniel Christoffel van Heerden sal op 2 Februarie 2023 weer in die Vereeniging-landroshof verskyn. Die verdagte is op 2 Januarie 2019 op R5 000 borgtog vrygelaat nadat hy na bewering op 27 Desember 2018 omstreeks 14:00 vir van Heerden op die hoek van Johan le …
VANDERBIJLPARK. – Die beskuldigde in die moordsaak van die 61-jarige Daniel Christoffel van Heerden sal op 2 Februarie 2023 weer in die Vereeniging-landroshof verskyn.

van moord en die rig van ’n vuurwapen,
nadat hy Danie van Heerden, ’n bekende
inwoner van Meyerton, in Desember
2018 tydens ’n woordewisseling doodgeskiet
het. Foto: Chritiaan Cloete
Die verdagte is op 2 Januarie 2019 op R5 000 borgtog vrygelaat nadat hy na bewering op 27 Desember 2018 omstreeks 14:00 vir van Heerden op die hoek van Johan le Roux weg en boundary straat naby ‘n bekende skrotwerf doodgeskiet het. Hy het sy laaste asem in sy seun Donjuan se arms uitgeblaas.
Van Heerden en sy seun Donjuan het glo die beskuldigde ‘n sekuriteitswag gekonfronteer oor vleis wat glo onwettig van ‘n trok afgelaai is.
Volgens Dlamini se verklaring het hy middagete genuttig toe van Heerden-hulle agter sy bakkie gestop het en hom gekonfronteer het. Hy beweer van Heerden het sy bakkie se sleutels uit die voertuig verwyder, waarna ‘n argument onstaan het wat tot sy skietdood gelei het.

Foto: Facebook
Dit is vandag vier jaar sedert die pa van 13 se dood.
“Ons hoop dan (2 Februarie 2023) sal geregtigheid geskied,” het Donjuan van Heerden, seun van die afgestorwene gesê.
*DIE BEELDMATERIAAL BEVAT KRU-TAAL EN IS NIE GESKIK VIR SENSITIEWE KYKERS NIE
