Walkerville Tierman dreig en vloek joernaliste
WALKERVILLE. – Die hoogdrama rondom die tierwyfie wat die naweek uit ‘n kamp op ‘n kleinhoewe in die Walker Fruit Farms-omgewing ontsnap het, het vandag (17 Januarie) ‘n verdere wending geneem toe Mnr. Rassie Erasmus, eienaar van die tierwyfie, joernaliste gevloek en gedreig het. Erasmus het Christiaan Cloete, Vaalweekblad se nuus- en misdaadverslaggewer, se kamera …
WALKERVILLE. – Die hoogdrama rondom die tierwyfie wat die naweek uit ‘n kamp op ‘n kleinhoewe in die Walker Fruit Farms-omgewing ontsnap het, het vandag (17 Januarie) ‘n verdere wending geneem toe Mnr. Rassie Erasmus, eienaar van die tierwyfie, joernaliste gevloek en gedreig het.
Erasmus het Christiaan Cloete, Vaalweekblad se nuus- en misdaadverslaggewer, se kamera by hom probeer afneem. Die voorval is op video deur ‘n mede-joernalis vasgevang. Daar is ook ‘n klankopname van Erasmus se verbale aanval op die joernaliste.

Die agt jaar oue tierwyfie genaamd Sheba het reeds twee honde en ‘n mens aangeval.
Die slagoffer, 39-jarige William Mokwena, sterk tans in ‘n hospitaal aan. Hy is glo nie te ernstig beseer nie.
Christiaan Cloete, Vaalweekblad se verslaggewer wat daar was vertel:
“Ek was Dinsdagmiddag (17 Januarie 2023) op die toneel by Walker Fruit Farms waar die polisie, spoorsnyers, en lede van die GPF soek vir ‘n tier genaamd Sheba wat die naweek ontsnap het. Die doel was om oor die nuutste verwikkelinge rondom die storie te berig. Daar is baie belangstelling in die storie.
“Die eienaar van die tier, mnr. Martin ‘Rassie’ Erasmus, het daar opgedaag en was vreeslik ongeskik. Hy het joernaliste op die toneel uitgeskel oor ‘n berig wat iemand geskryf het.
“Mnr. Erasmus was opsoek na iemand van die Daily Sun wat glo iets geskryf het wat hom skynbaar vreeslik ontstel het. Hy het vir die een joernalis gevra of hy die een is wat laasgenoemde storie geskryf het.
“Toe die man Erasmus meedeel dat dit nie hy is wat die storie geskryf het nie en nog minder vir die Daily Sun werk, het ek mnr. Erasmus aan die man hoor sê: “You can be glad. Jissus boet, I nearly punched you. I want to f*ck him up.”
“Toe ek hoor dat mnr. Erasmus dreig om ‘n joernalis met die vuis te slaan het ek besef hier is moontlik ‘n storie wat voor my oë ontvou. Ek het instinktief my kamera gereed gekry en foto’s geneem van die plofbare situasie wat hier ontvou.
“Terwyl ek foto’s neem, het mnr. Erasmus die sluiter van my kamera gehoor en skielik was sy aandag op my gevestig.
“Ek het vir hom gevra wie hy graag wil “opf*k” soos hy pas gedreig het en wat die rede is waarom hy die joernalis wil slaan.
“Erasmus het nie my vraag beantwoord nie, maar hy wou by my weet of iemand my toestemming gegee het om foto’s van hom te neem. Ek het hom meegedeel dat ek nie permissie nodig het om foto’s te neem nie. Sover ek weet is dit nie sy eiendom nie en almal was daar as gevolg van sy tier wat ontsnap het.
“Hy het gevra wie ek is en ek het hom meegedeel dat ek ‘n joernalis is.
“Hy het toe gesê ek moet die kamera in my gat opdruk anders gaan hy dit self doen en my gesê dat ek nie foto’s moet neem nie.
“Toe sê hy: ‘We are sitting with a situation. You f*ck*ng assholes are here to catch in on the glamour of it. Don’t start something please because you are going to land on your ass. I am telling you now.”
“Om die situasie te ontlont het ek die kamera vir eers laat sak. Erasmus het aangehou om die ander twee joernaliste te skel.
“Hy het vir hulle gesê: “Julle ouens is hier om sensasie te soek. Julle wil ‘n storie opblaas. Julle blaas alles uit konteks uit. Julle is ‘n klomp *ssh*l*s. Begin om die regte goed te skryf. Skep ‘n beter naam vir julself. Julle het ‘n geleentheid in hierdie land. Om hierdie “glamour” te skep om een meer koerante te verkoop? Is dit waaroor dit gaan?”
“Die joernalis het weer aan hom verduidelik dat hy nie die joernalis van die Daily Sun is wat die goed geskryf het wat mnr. Erasmus so ontstel het nie.
“Mnr. Eramus het toe aangegaan oor hoe joernaliste die land opf*k. Ek het nader gestap om beter te hoor waaroor mnr. Erasmus met die ander joernaliste gesels. Ek het hom gevra om nie die joernaliste te dreig nie. Ons is net hier om die storie te dek. Toe het hy my kamera gegryp. Ek was baie kwaai en ek was bang hy breek my toerusting.”
Om die situasie te ontlont het ek geskree en gevra vir die polisie op die toneel om te kom help. Ek het gelukkig uit sy greep uit ontsnap en weg van hom gehardloop.”
*Mnr. Erasmus kon nie om kommentaar bereik word nie. Maar sal die geleentheid gebied word om sy kant van die storie te stel.
