Local newsNews

Dink en Doen vol geesdrif vir die nuwe jaar!

Vaaldriehoekse belangstellendes wat by Dink en Doen wil aansluit, kan Magda per WhatsApp kontak by 073 407 9042.

Die damesorganisasie Dink en Doen het op 10 Januarie weggespring met hul bedrywighede vir 2023. Dit is duidelik dat daar vanjaar vele interessante aktiwiteite op die program gaan wees.

Ds. Marileze Janse van Rensburg van die Klipkerk in Vereeniging was die spreker by die eerste byeenkoms van die nuwe jaar en het Dink en Doen se lede en gaste behoorlik geïnspireer met haar opbouende en insiggewende boodskap.

Mev. Maggie Swanpoel, wat vir ‘n geruime tyd voorsitter van Dink en Doen was, het verlede jaar as voorsitter uitgetree en die leisels aan mev. Magda Mc Geer oorgegee. “Ek het groot skoene om vol te staan,” sê Magda. As nuwe voorsitter nooi sy alle vroue om by Dink en Doen aan te sluit. Die klub vergader elke tweede Dinsdag van die maand om 10:00 by die NG Gemeente Driehoek. Ledegeld is R220 per jaar en gaste is welkom om teen R50 per byeenkoms te kom saamkuier.

“Ons verwelkom al ons ou lede terug en wil ook graag baie nuwe lede betrek. Almal is welkom om in vanjaar se interessante aktiwiteite te kom deel,” nooi Magda. Belangstellendes wat wil aansluit, kan haar gerus per WhatsApp kontak by 073 407 9042.

 

Mev. Magda Mc Geer, voorsitter van Dink en Doen damesklub, ds. Marileze Janse van Rensburg van die Klipkerk in Vereeniging, wat die spreker by vanjaar se eerste byeenkoms was, en mev. Alta Naudé, die klubtesourier.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button