Local newsNews

Publiek se hulp gevra om gesteelde vee op te spoor

Enigiemand met inligting kan die Steyns kontak by 072 769 1723 of 072 347 7909 of 082 569 3287.

 

Veediewe het verlede week op die hoewe van me. Clarissa Steyn en haar gesin van Panorama naby die Mooilande-kleinhoewes toegeslaan en verskeie van hul beeste gesteel.
“Ons het almal in die omgewing se hulp nodig om ons diere te probeer terugvind,” sê sy.
Die diewe het in die vroeë oggendure die hoewe se drade geknip en ‘n groot bul, drie koeie en twee kalfies (een bulkaf en een verskalf) gesteel. Die bul is gemerk as CJ 1931 en die koeie as CJ 1809, CJ 1821 en CJ 1935.
‘n Beloning sal aangebied word vir inligting wat tot die opsporing van die diere lei. Enigiemand met inligting kan die Steyns kontak by 072 769 1723 of 072 347 7909 of 082 569 3287.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button