Vaalweekblad inspireer kunstenaar
Lekker om te sien dat die koerant se goeie nuus stories ander inspireer.
VAALPARK. – Maggie van Schalkwyk, kunstenaar en kunsdosent van Vaalpark hou elke dag joernaal oor die dag se gebeure wat sy in ‘n skets vasvat met ‘n limmeriek daarmee saam.
Onlangs het ‘n berig in Vaalweekblad van 11 Januarie 2023 haar geïnspireer en het sy een van die foto’s in ‘n pragtige kleurvolle skets vasgevat.

Die berig “Bring Hoop Vaal werk hard met goeie resultate” het op bladsy 9 verskyn.
Die foto wat haar aandag getrek het, was die van Stephen Venter se seuntjie, Tyler (9) waar hy besig is om sy pa te help paaie herstel.

Stephen het ‘n foto van die tekening in die hande gekry en dit op sy Facebook geplaas met die onderskrif:
“As ‘n Pa is ek baie trots om die te sien wat gaan oor my seun in die koerant. Ek wil graag vir die persoon wat dit geteken het (veral die mooi woorde) baie dankie sê, dit is mense soos jy wat my Hoop gee en maak dat ek net nog beter wil doen.”
Gaan lees die oorspronklike berig by https://www.citizen.co.za/vaalweekblad/?p=152625
