NewsNews

Oud-verkeerskonstabel benodig hulp vir drie operasies

Wynand Coertzen, ‘n oud-verkeerskonstabel van Sasolburg, moet glo dringend drie operasies ondergaan maar benodig volgens sy seun, Wynand Coertzen jnr., fondse vir behandeling.

SASOLBURG. – Coertzen snr. het volgens sy seun twee beroerte-aanvalle gehad – een in Julie 2022 en die ander een in Desember 2022.

Hy benodig nou dringend behandeling om nog ’n beroerte te voorkom.

Wynand jnr. skryf op sy BackaBuddy-blad: “My pa is ‘n diabeet en het ’n erge infeksie in sy voet. Sy toon is op 20 Januarie 2023 geamputeer en die infeksie is besig om te versprei.”

Blykbaar sal sy ledemaat verder geamputeer word.

“Staatshospitale (in Sasolburg en Kroonstad) kan eers op 3 Mei 2023 ’n amputasie doen.

“Ons het geen keuse gehad anders as om na ‘n privaat dokter te gaan nie aangesien my pa nie in staat is om die pyn so lank te verdra nie.

“Die bloedvloei na die voet is tans baie swak en die wond herstel nie soos dit moet nie. Dit bring ons terug na die feit dat my pa dringend ‘n stent nodig het,” verduidelik hy Wynand jnr.

Om dinge erger te maak het Wynand snr. ook sigprobleme. Hy sal ook ‘n katarakverwyderingsoperasie moet ondergaan.

“Die belangrikste is egter om die stents te kry,” verduidelik Wynand jnr.

Wynand snr. het in 2019 sy werk verloor nadat sy werknemer bankrot gespeel het. Hy sukkel om weens sy ouderdom ‘n werk te kry.

Mense wat meer wil uitvind oor Wynand snr. se toestand of hoe hulle kan help kan die BackaBuddy-blad wat vir hom geskep is besoek by:

https://www.backabuddy.co.za/wynand-coertzen-5497423789391075447

Wynand Coertzen, ‘n oudverkeerskonstabel van Sasolburg in sy jonger dae. Foto: Verskaf

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button