NewsNews

Man met erge gangreen op skaamdele benodig hulp

’n Pensioenaris van Redan met Fournier se gangreen – ‘n seldsame, lewensgevaarlike bakteriële infeksie van die skrotum, penis en perineum (die area tussen jou geslagsdele en rektum ) – benodig dringend hulp met die versorging van sy wonde.

MEYERTON. – Dié soort infeksie wat mnr. Peet de Necker (62) opgedoen het versprei glo baie vinnig en hy is volgens sy vrou mev. Magriet de Necker tans in erge pyn by sy huis.

Peet se probleme het begin toe hy vroeg in Januarie gesukkel het om te urineer, kort van asem was en gekla het oor ‘n rooi kol agter op sy been.

Peet, wat ‘n diabeet is, se bloeddruk en bloedsuiker was in daardie stadium ook hoog.

Dokters by die Vereeniging Kopanong-hospitaal het volgens Magriet aanvanklik gesê dat Peet se prostaat vergroot is en dat hy ‘n kateter nodig het, maar later het die rooi kol op Peet se linkerbeen na sy lies versprei en toe na sy privaatdele.

Hy is op Vrydag 13 Januarie 2023 na die Sebokeng hospitaal oorgeplaas waar daar op hom geopereer is is om dooie weefsel van die gangreen te verwyder.

Die wond is tans so groot dat dit ses wonderbande van 10cm x 20cm verg om die hele wond te bedek. Die wondverbande moet elke 48 uur vervang word. Foto: Verskaf

Hoewel daar aanvanklik vir Magriet gesê is dat Peet vir tussen 2 en 3 maande in die hospitaal sou moes bly, het die hospitaal hom ‘n paar dae later – op 26 Januarie – ontslaan.

Peet is huistoe gestuur om aan te sterk, maar intussen het die toestand van sy wond versleg.

Magriet vra vir finansiële bystand sodat sy haar man se wonde gereeld kan skoongemaak en met wondverbande kan toemaak.

Die wond is tans so groot dat dit ses wonderbande van 10cm x 20cm verg om die hele wond te bedek. Die wondverbande moet elke 48 uur vervang word.

Peet het ook antibiotika nodig wat net deur ‘n dokter voorgeskryf kan word.

Hulle kort ook skoonmaakmiddels om die wond te behandel.

Volgens Magriet sukkel hulle om vir al die mediese onkostes te betaal.

Magriet sê: “Dit lyk verskriklik. Die wonde is oop. Daar is nie vel nie. Hy het diep gapende wonde en dit is septies.”

Mense wat in staat is om te help kan Magriet by 076 885 4854 skakel.

Peet de Necker (62), ‘n pensioenaris van Redan, het finansiële bystand nodig om vir die behandeling van sy wond te betaal. Foto: Verskaf

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button