NewsNews

Midvaal vra vir dringende ingryping met beskadigde brug

Die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit sê hy het die Gautengse LUR vir paaie gevra om dringend in te gryp en die brug oor die Kliprivier op die Jim Fouche-pad reg te maak en in stand te hou.

MEYERTON. – Die brug is op ‘n belangrike toegangsroete na Meyerton en talle motoriste het die afgelope tyd kommer uitgespreek oor die toestand van die brug.

Volgens ‘n verklaring vanuit die kantoor van die uitvoerende burgemeester van die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit, rdh. Peter Teixeira, is ‘n skrywe reeds aan die LUR vir paaie, Kedibone Diale-Tlabela gerig waarin sy gevra word om dringend in te gryp en die pad reg te maak.

In die brief word daar ook gevra vir gereelde instandhouding van die brug.

Volgens Teixeira het die departement op Midvaal se versoek ‘n inspeksie van die brug gedoen en bevind dat dit steeds veilig was vir gebruik.

Die departement het aangedui dat hy verdere toetsing sal doen en herstelwerk sal doen indien nodig.

Teixeira sê: “Die brug langs die Jim Fouche-pad is ‘n belangrike bate in die gemeenskap. Dit fasiliteer beter beweeglikheid, verbreed toegang en maak plaaslike ekonomiese ontwikkeling moontlik.”

Dit is om hierdie redes dat ons sal verseker dat dringende regstellende stappe geneem word indien veiligheidskwessies in verdere assesserings uitgewys word,” sê Teixiera.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button