Local newsNewsNews

Polisiehoof van Meyerton uit pos ontslaan ná VF Plus-klag

Meyerton se polisiehoof, kol. M. Lepitla, is verlede week uit sy pos ontslaan nadat die VF Plus ʼn klag teen hom by die Gautengse provinsiale polisiekommissaris, lt.genl. Elias Mawela, ingedien het.

Kobus Hoffman, VF Plus-LPW: Gauteng het in ‘n mediaverklaring verduidelik hoe Kol. Lepitla in Mei verlede jaar ʼn direktief aan Meyerton-polisielede uitgereik dat geen dossiere rakende sekere sake geopen mag word nie.

Daarvolgens sou sake soos aanranding met die doel om ernstig te beseer, gewone aanranding, opsetlike saakbeskadiging en diefstal nie geopen mag word alvorens daar ʼn verdagte in die saak genoem is nie.

Die VF Plus het lt.genl. Mawela gevra waarom die direktief uitgereik is en indien dit toegepas word, hoe dit  misdaadstatistiek gaan beïnvloed. Die direktief beïnvloed ook die werksaamhede van die speurdiens.

Die saak teen kol. Lepitla is intern verhoor waarna hy ontslaan is.

“Die VF Plus sal nie toekyk hoe verkeerde direktiewe van polisiekantoor-bevelvoerders misdaadslagoffers benadeel nie. Slagoffers van misdaad moet in alle opsigte die geleentheid gegun word om ʼn saak by die polisie aanhangig te maak en die nodige ondersteuning van die polisie te kry om die misdaad op te los,” het Hoffman afgesluit.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button