Uit my pen – die week in Vaalweekblad
Vaalweekblad is weer van 1 Maart te koop. Hier is 'n voorsmakie!
VANDERBIJLPARK. – Dis Dinsdag en saktyd vir die Vaalweekblad. Met die dat ek ‘n oog op die stelsel kan gooi, kan ek julle môre se nuus vandag bring!
Wel, ten minste so ‘n vinnige blik daarop en ook net op die waar ek vingers op die sleutelbord gehad het.
In Vaalweekblad van 1 Maart 2023 vertel ek meer oor Johan Harmse wat baie seergekry het in ‘n tref-en-trap ongeluk twee maande gelede.
Ons kuier oor ‘n lekker koffie saam met Marius Martins, voormalige onderwyser, boer en sakeman in sy nuwe koffiewinkel en vier saam met ‘n voormalige Valie haar silwer medalje by die wêreld kampioenskappe.
In my rubriek, Ek sê maar net, gesels ek verjaardae en vertel van ‘n besondere verjaardag wat ek ‘n paar jaar gelede in die bosveld gehad het.
Onthou, die Vaalweekblad is Woensdae op die rakke beskikbaar.
Lekker lees.
Groetnis van huis tot huis.
