Local newsNewsNews

Pretstap vir Anja (11)

Sit tekkie op teer die Saterdag by die NG Sentraal in Vanderbijlpark. Lees meer

VANDERBIJLPARK. – Dis tyd om bietjie bene te rek vir ‘n goeie doel. Sit tekkie op teer Saterdag, 4 Maart by die pretstap wat ten bate van Anja Botha (11) gehou word.

Die jonge dame ondergaan tans behandeling nadat sy met Leukemi gediagnoseer is.

Alhoewel sy steeds moedig glimlag op elke foto, begin haar hare nou vinnig uitval.

Haar ouma, Estelle Terblanche het laat weet dit gaan onder omstandighede goed met Anja.

So ‘n week of wat gelede het hul groot geskrik toe sy met ‘n virus in die hospitaal beland het, maar dis uitgesorteer en die behandeling kon voortgaan.

Anja is tans in Pretoria waar sy behandeling by die Steve Biko Hospitaal ontvang.

Haar grootste wens op die stadium is om ‘n pruik met lang hare te kan kry.

Om seker te maak Anja se wens word bewaarheid is die pretstap gereël.

Dit vind plaas by NG Vanderbijlpark Sentraal gemeente in Conan Doylestraat, SW1.

Inskrywings beloop R30 per persoon en open om 07:00. Die 5 km Pretstap begin om 08:00. Daar sal ook hotdogs en koeldrank te koop wees, asook ‘n haarskeer en haarkleurstasie.

Almal word gevra om oranje op die dag te dra. Vir meer inligting kontak Sonica Dry by 0613578549.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button