Minister besoek vloedgeteisterde gebiede langs Vaalrivier
Die minister van water en sanitasie Senzo Mchunu, en sy adjunk-minister, David Mahlobo, het Donderdagoggend (2 Maart 2023) die Vaaldam, Barrage, sowel as vloedgeteisterde gebiede langs die Vaalrivier besoek.
BARRAGE. – Gedurende sy besoek aan die Vaaldam het Mchunu persoonlik ‘n sluis by die Vaaldam toegetrek.
Mchunu en gevlog het ook ‘n draai by die barrage gemaak en inwoners van die vloedgeteisterde Sunset Paradise-oord langs die Vaalrivier besoek om met inwoners wat erg deur die vloede deurgeloop het te gesels.
Volgens ‘n verklaring wat deur die departement van water en sanitasie uitgereik is was die hoofdoel van die besoek om vloedskade en die stand van infrastruktuur te bepaal na aanleiding van die onlangse vloede.

Die departement van water en sanitasie sê hy moes weens swaar reënval in die Vaaldrivier se opvangsgebied die nodige damveiligheidsmaatreëls implementeer om infrastruktuur te beveilig en ter selfde tyd verseker dat daar voldoende opgaarkapasiteit in die dam is ná hierdie reënval.
Tussen 11 en 18 Februarie 2023 het is 12 sluishekke oopgetrek as deel van damveiligheidstandaarde en prosedures om waterinvloei stroomop van die Vaalrivier te bestuur.
Sewe van die sluise bly gesluit en vyf laat oop bly namate die dam tot die 100%-kerf daal.
Die departement van water en sanitasie het onlangs onder die skoot gekom oor die manier waarop hulle met inwoners gekommunikeer het, sowel as hul bestuur van die vloedwater.

