Local newsNewsNews

Eureka in rooi getooi vir Valentynsdag

Eurekaskool het 'n lekker bederfdag gehad op 17 Februarie. Lees meer...

VEREENIGING. – Eurekaskool se personeel en leerders is 17 Februarie met ‘n spesiale Valentynsdag bederf.

Ralie Dippenaar van Century21 het met die dames van CMM Prokureurs saamgespan om lekker gebraaide worsbroodjies aan elkeen voor te sit.

Dit was ook Ralie se verjaardag en sy sê dit was ‘n wonderlike oggend.

Die aand van 16 Februarie het haar dogter, Rika en man, Piet ingespring en al die wors gebraai, terwyl Letitia Kriel en Endri Coertse solank die broodjies gesmeer het.

Vroeg die volgende oggend was hul by die skool om die worsbroodjies gereed te kry.

Miss Vaal, Chantel Swart, saam met die leerders wat as Mnr. en Mej. Valentyn gekroon is. Foto verskaf deur Rika Dippenaar

Intussen was die personeel en leerders in Valentynsgewaad getooi onder die leiding van een van die onderwyseresse, Rika Dippenaar.

Miss Vaal 2022/2023, Chantel Swart het ook kom kuier en ‘n spesiale modeparade is gehou, waarna Chantel die beoordeling en kroning van die onderskeie Mnr. en Mej. Valentyn gedoen het.

Die leerders het die dag baie geniet. Dit is afgesluit met worsbroodjies, melkskommels en kolwyntjies vir almal.

Ralie bedank graag vir Economic Slaghuis, Century21 en Willies Bakery vir hul bydraes om van die dag ‘n sukses te maak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button