Pretstap sukses. Leukemie lyer (11) se pruik op pad
Vaaldriehoekers gee om. Dis Saterdag, 4 Maart weer bewys. Lees meer...
VANDERBIJLPARK. – Saterdag, 4 Maart het meer as 80 mense van alle ouderdomme tekkie op teer gesit vir ‘n goeie doel.

Anja Botha (11) is vroeër vanjaar met leukemie gediagnoseer en weens die behandeling moes haar lang hare afgesny word.
Anja wat moedig die kanker aanvat het net een wens gehad, om ‘n pruik met lang hare te kan kry.
Haar familie en vriende het ingespring en haar tannie, Sonica Dry, het die pretstap gereël.
‘n Groep bikers het ook deelgeneem en Anja het met een van die valhelms op haar kop die staptog amptelik geopen deur die lint te knip.
Sonica sê almal het die oggend baie geniet en daar is genoeg geld ingesamel vir die pruik en selfs ‘n bietjie meer om ‘n paar ekstra benodighede te koop.
Anja se ouma, Estelle Terblanche, het ook die 5km aangedurf en sê sy het dit oorleef.
Hierdie familie leef duidelik die motto uit wat op hul T-hemde gedruk was: “In this family no-one fights alone”!
