Local newsNews

Ilán Van Staden se musiekvideo vir Ontlaai is hier!

“Dit is ’n positiewe goedvoel-liedjie, wat gaan oor hoe almal van ons een of ander vorm van ontlading nodig het,” verduidelik Ilán

ONTLAAI, Ilán van Staden se nuutste enkelsnitvrystelling, is uit die pen van Johan Vorster en David de Villiers. Die snit is op 3 Februarie 2023 vrygestel en is reeds baie goed deur talle radiostasies ontvang. En nou is die musiekvideo vir die treffer ook pas vrygestel!

Die video is by Lubeksdal Lodge geskiet en Johan Vorster het die regie behartig. David de Villiers, Dirk van Niekerk en Johan Vorster het die musiekvideo vervaardig. Ilán, sy Pa (Michael), vriende Revan Luus, CJ Woller en Zian Roux is almal in die video te sien.

Kyk die video hier: https://youtu.be/aP0tgOn1cUw

“Dit is ’n positiewe goedvoel-liedjie, wat gaan oor hoe almal van ons een of ander vorm van ontlading nodig het,” verduidelik hy. “Soms is jy onder soveel druk dat dit te veel raak. Dit is dan wanneer jy moet stil raak, asem skep en doen waarvoor jy lief is – soos om te gaan jag, vis te vang, om die bosveldvuur te ontspan en te braai. Dit is elke man se roeping om ’n baken vir sy gesin te wees en hulle te lei en ek hoop dat hierdie liedjie elkeen wat dit hoor sal inspireer. ONTLAAI bring samehorigheid en raak onderwerpe aan waaroor mans al baie gewonder het, gebid het en gesels het om die bosveldvuur,” vertel Ilán.

Tans is hy besig met fiksheidsvoorbereiding vir ’n splinternuwe musiekblyspel oor die grensoorlog, Die Kaplyn, wat in April begin en waarin hy ook die hoofrol vertolk. Verder is hy ook in die proses om sy eerste album te finaliseer en bestuur hy sy musiekskool, Ilán’s Music Academy, wat vanjaar reeds vyf jaar bestaan. Intussen doen hy ook soveel optredes as moontlik en beplan hy om vanjaar die land plat te toer.

Die enkelsnit is beskikbaar op alle digitale platforms. Kry dit hier: https://ilanvanstaden.lnk.to/Ontlaai

 

SOSIALEMEDIAKSKALES:

Facebook: https://www.facebook.com/Ilanvslivemusic

Instagram: @ilanvanstaden

YouTube: https://www.youtube.com/channel/UCJt_jR2naoXwGSv78-l4W2g

TikTok: ilanvanstaden_official

 

BESPREKINGS:

FLAGSHIP PRODUCTIONS

Tiaan Vorster

Sel: 076 738 7541

E-pos: tiaan@flagshipproductions.co.za

 

PUBLISITEIT & BEMARKING:

STARBURST PROMOSIES

Gizela Sharim

Sel: 083 399 6869

E-pos: gizela@starburstmusic.co.za

Webwerf: www.starburstmusic.co.za

STARBURST PROMOTIONS
Gizela Arndt – HEAD OF PUBLICITY

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button