Local newsNewsNews

Kyle September vind sy ware klank met nuwe popsnit

Volgens Kyle het die inspirasie vir die liedjie hom heel onverwags bekruip toe die wysie in sy kop kom vassteek het en hy nie tot ruste kon kom nie!

DAYDREAM is ’n liedjie wat gaan oor iemand wat iemand anders wil help om van hulle depressie te ontsnap. Hulle word egter albei in die droomwêreld vasgevang en keer nie terug na realiteit nie,” verduidelik Kyle September oor die betekenis agter die titelsnit van sy debuut-album, wat onlangs vrygestel is en dieselfde sentrale tema van ontvlugting deel.

Volgens Kyle het die inspirasie vir die liedjie hom heel onverwags bekruip toe die wysie in sy kop kom vassteek het en hy nie tot ruste kon kom voordat hy die liedjie voltooi het nie. “Dis vir my baie spesiaal, omdat dit die eerste popliedjie is wat ek geskryf het wat gevoel het asof dit my ware klank reflekteer,” deel hy.

Dié goedvoel-snit, wat jou voete laat jeuk om te dans is sy vyfde amptelike vrystelling en volg in die voetspore van liedjies soos Cuddle Up , Little Things , Sweetness en Analog Heart , wat baie goed ontvang is en op die treffersparades van verskeie radiostasies gekuier het.

’ n Musiekvideo sal ook binnekort beskikbaar wees, so hou sy sosiale media dop!
Kyle is al vir meer as ’n dekade in die musiekbedryf doenig en spog met ’n honneursgraad in BMus van Wits School of Arts .

Oor die jare, het hy verskeie loopbaanhoogtepunte gehad, insluitend sy optrede by Afriski, ’n openingsvertoning vir Francois van Coke by die Misty Waters-fees, en om saam met Graeme Watkins ’n aanlynvertoning te hou gedurende grendeltyd.

Alhoewel hy vier-en-twintig-uur per dag aan musiek dink, geniet die musikant ook sport en is hy al sedert 2009 ’n deeltydse afrigter.

Buiten daarvoor om nuwe musiek te skryf vir sy volgende album, is hy besig om aan talle opwindende projekte te werk, waaroor hy later vanjaar meer sal verklap.

DAYDREAM stel nie net sy vaardighede as liedjieskrywer en sanger ten toon nie, maar is ook ’n welkome toevoeging tot sy indrukwekkende arsenaal van positiewe en opbouende musiek.

Die liedjie is beskikbaar op sy album.
Laai dit hier af: https://smarturl.it/71s3x9

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button