VEREENIGING. – Die junior atletiekspan van die Eurekaskool het 8 Maart aan die Junior Atletiek-byeenkoms in Johannesburg deelgeneem.
Hierdie jaar is die dag aangebied deur Die Hamlet Skool by President High School se atletiekveld.

Die skole wat deelgeneem het was Eurekaskool, Die Hamlet Skool, Anmari, Felicitas en Con Amore.
Soos Die Hamlet Skool tereg op hul Facebookblad opgemerk het, die dag was nie om medaljes te verower nie, maar om jou bes te probeer en dit te geniet.
Die Eureka span van 13 het die dag baie geniet en het hul maats met oorgawe ondersteun.
Die span van 13 het onder andere aan die 25 m loop en die 60 en 80 m naellope deelgeneem, asook aan die 80 m naellope vir leerders met Downsindroom.

Die 13 atlete van Eurekaskool het uitstekend gevaar en ses eerste plekke, een tweede plek en twee derde plekke verower.
Die skool het laat weet dat hul baie trots is op elke atleet wat deelgeneem het.
