Uit my pen – Die week in Vaalweekblad
Die Vaalweekblad is weer van 22 Maart op die rakke. Loer wat kan jul die week uit my pen lees.
Dis weer tyd vir die Vaalweekblad. Te koop vanaf 22 Maart 2023.
Hierdie week het ek by Ingrid Coleman ‘n draai gemaak. Op 72 bedryf so nog haar eie besgiheid en van aftree is daar geen sprake.
Daar is ‘n grote gat in die middel van Louis Trichard-boulevard en ek het deur modder geploeg om dit te gaan afneem.
In die proses my skoene vuil gekry en dit te laat besef. Grond in die kantoor en later in die huis ingetrap!
In my rubriek, Ek sê, maar net gesels ek oor rooi hemde, en nee nie die politieke party nie, maar wel kantoorkaskenades met ‘n hemp en daar is nuus oor ‘n kragkabel.
Verder is Kleinsus Antjie se foto (alweer, sy dink sy is ‘n celebrity) in die koerant!
Geniet die kort werksweek.
Groetnis van huis tot huis.
