Local newsNewsNews

Weermagveterane ruim op, herstel by monument in Klerksdorp

Lede van die Suid-Afrikaanse Weermagvereniging (SAWV) se Kiewiet-tak in Vereeniging het na Klerksdorp gereis waar hulle instandhouding en herstelwerk by die Slag van Ysterspruit-gedenkteken gedoen het.

VEREENIGING. – Die manne van die Suid-Afrikaanse Weermagvereniging (SAWV) se Kiewiet-tak in Vereeniging is bekend vir die goeie werk wat hulle doen om die terrein rondom die Vredesmonument (by die burgersentrum in Vereeniging) skoon en nietjies te hou.

Op Saterdag (18 Maart 2023) het dié weermagveterane na Ysterspruit naby Klerksdorp gereis waar hulle die terrein rondom ’n gedenkmonument wat die Slag van Ysterspruit gedenk skoongemaak en opknappingswerk gedoen het.

Die Slag van Ysterspruit- gedenkteken naby Klerksdorp nadat herstelwerk gedoen is. Foto: Verskaf
Die Slag van Ysterspruit-gedenkteken voor herstelwerk gedoen is. Foto: Verskaf

Die Slag van Ysterspruit was ’n skermutseling tydens die Tweede Vryheidsoorlog wat op 25 Februarie 1902 by Ysterspruit, sowat 20km wes van Klerksdorp plaasgevind het.

Tydens dié veldslag het ‘n boeremag van 700 manskappe onder beheer van genl. Koos de la Rey, ‘n Britse mag van 700 soldate onder beheer van kol. William Anderson verslaan.

Lang gras word rondom die gedenkteken gesnoei. Foto: Verskaf

Volgens Okkie Jooste van die SAWV se Kiewiet-tak is gras gesny en herstelwerk aan die monument gedoen.

Jooste het almal wat op die dag gehelp het bedank.

“Dit is kosbaar as ons mense van oral af bymekaarkom om ons erfenis end it wat vir ons belangrik is, te help bewaar,” sê Jooste.

Lede van die Suid-Afrikaanse Weermagvereniging se Kiewiet-tak snoei lang grasse by die gedenkteken naby Klerksdorp. Foto: Verskaf

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button