Elite Auto verhuis na Vanderbijlpark
Die onderneming het in 1983 in Vanderbijlpark geopen en het in 1995 na Vereeniging se middestad verhuis, waar dit vir byna drie dekades bedryf is. Met die verhuising terug na Vanderbijlpark in 2023 word 'n volle sirkel nou bereik.
Elite Auto se wortels is al dekades lank stewig in die Vaaldriehoek geanker. Vandag staan dié bekroonde motorhandelsaak, wat meer as 40 jaar gelede deur mnr. Dries van Tonder begin is, sy plek vol tussen die beste van sy soort in die gebied.
Elite Auto het hierdie maand ‘n nuwe hoofstuk in sy geskiedenis ingelui toe sy voertuigverkope-afdeling vanaf Vereeniging se sakesentrum na ‘n nuwe perseel in Fitzsimonstraat 42, SE6, Vanderbijlpark verhuis het. Mnr. Willem van Tonder, bestuurder van Elite Auto in Vanderbijlpark, sê die skuif is deeglik oorweeg om ‘n nóg flinker diens aan inwoners van die Vaaldriehoek te kan lewer.
Die onderneming het in 1983 in Vanderbijlpark geopen en het in 1995 na Vereeniging se middestad verhuis, waar dit vir byna drie dekades bedryf is. Met die verhuising terug na Vanderbijlpark in 2023 word ‘n volle sirkel nou bereik.
“Die motormark in die Vaaldriehoek is steeds aan die brand. Ons sien ‘n blink toekoms hier,” sê Willem, wat 23 jaar se ervaring in die motorhandel agter sy naam kan skryf.
‘n Wye reeks gebruikte voertuie wat aan Elite Auto se hoë standaarde voldoen, kan by die vertoonlokaal in Vanderbijlpark gesien word. Hier sal jy van duur 4×4’s tot ekonomiese klein studente-motortjies en alles tussen-in vind, maar as ‘n kliënt na ‘n spesifieke fabrikaat en model soek wat tans nie beskikbaar is nie, fynkam Elite Auto se bekwame span die uithoeke van die land om ‘n betroubare gebruikte voertuig te vind wat jou smaak én sak sal pas. Elite Auto verkoop ook splintenuwe voertuie van sekere fabrikate teen mededingende pryse.
Uitstekende kliëntediens en deeglikheid is steeds een van Elite Auto se slagspreuke. “As iets die moeite werd is om te doen, is dit die moeite werd om dit goed te doen,” sê Willem. “Ons goeie naam en integriteit is uiters belangrik vir ons. Daarby is dit ons doelwit om ons kliënte se koopervaring so glad en gerieflik as moontlik te maak.”
Elite Auto bied finansiering deur al die groot banke en finansieringshuise aan en staan kliënte end-uit by met al die papierwerk. Privaataankoop-finansiering is ook hier beskikbaar.
Besoek die onderneming gerus by hul nuwe perseel in Fitzsimonstraat 42, SE6, Vanderbijlpark en vind jou perfekte voertuig teen die beste prys. Belangstellendes kan ook die Facebookblad https://www.facebook.com/eliteautovereeniging besoek om te sien watter voertuie tans beskikbaar is, of kontak die Elite Auto-span by (016) 455 5773 as jy na ‘n spesifieke tipe voertuig op soek is.
* Elite Auto se woonwa-afdeling (Elite Auto Leisure) word steeds langs die Barragepad naby die ingang van Vereeniging deur die broers Dries en Le Roux van Tonder voortgesit. Die grondlegger van Elite Auto, mnr. Dries van Tonder (sr.), is ook steeds by al die aspekte van die onderneming betrokke.


Elite Auto se nuwe perseel in Fitzsimonstraat 42, SE6, Vanderbijlpark. Foto: Chilli PicNic
