Local newsNewsNews

Kom kuier by Kunstedraai se eerste aandmark

Ontmoet die Vaal se kinderboekskrywer en kom kuier lekker saam by Kunstedraai se eerste aandmark.

VANDERBIJLPARK. – Die Vaaldriehoek se eie Kunstedraai Kunstesentrum hou Vrydag, 24 Maart hul heel eerste aandmark.

Die fondse wat ingesamel word, sal gebruik word vir die opknapping van die sentrum.

Synde dat Offenbach Koffiewinkel, die Akademie vir Dramakuns en On Pointe Ballet Studio saamgespan het om die aandmark te beplan, kan besoekers ‘n kleurvolle ervaring verwag met kunsstalletjies te kies en te keur.

“Al ons uitstallers maak hul produkte self en daar sal alles wees van spesiale leerprodukte tot by handgemaakte geskenkies,” het Franciska van der Merwe laat weet.

Vanderbijlpark se eie Romanza skrywer, Felicia Snyman-Du Toit gaan ook by die mark wees.

Sy het onlangs twee kinderboeke uitgebring wat die avonture van Adelie en Riley beskryf.

Dis gegrond op die ware avonture van haar dogter Adelie en hul hond Riley. Felicia het laat weet Riley gaan ook sy opwagting by die aandmark maak.

Dis die ideale geleentheid om die skrywer en een van die hoofkarakters te ontmoet.

Die aandmark begin om 17:00 en duur tot 20:00. Toegang is gratis.

Die Kunstedraai Kunstesentrum is geleë in Offenbachstraat 35, SW5, Vanderbijlpark.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button