Local newsNewsNews

Buurtwagte steeds baie belangrik vir gemeenskappe

Die AfriForum-buurtwagte waarvan Sasolburg en Parys deel is, het op Maandag 20 Maart saam met die SAPD en ander veiligheidsrolspelers hulle gemeenskappe veilig gehou tydens die EFF se #NationalShutdown-protesaksie. 

Die meeste buurtwagte het reeds voor die protesdag ekstra patrollies begin ry en buitebande wat op talle plekke afgelaai is, verwyder.

Die AfriForum-buurtwagte wat deelgeneem het is Bothaville, Deneysville, Parys, Sasolburg, Songloed (Klerksdorp), Potchefstroom, Stilfontein, Orkney, Ventersdorp, Wolmaransstad asook Hartbeesfontein se buurt- en plaaswag.

Sedert die Sondagaand voor die groot dag, is die patrollies nog verder verskerp en het die buurtwagte die situasies in al die dorpe fyn gemoniteer.

 

Daar was goeie samewerking met die SAPD en daar was nie in een van die areas in die Mooirivierstreek ernstige voorvalle nie.

In hierdie tyd is ander misdadigers, wat nie noodwendig met die onluste verbind is nie, ook in hegtenis geneem. Die buurtwagte het ook hul gemeenskappe deurlopend op hoogte gehou met inligting oor paaie en areas wat vermy moes word.

“Die Mooirivier-buurtwagte doen uitstekende werk in hulle onderskeie gemeenskappe om hulle mense veilig te hou. Die dankbaarheid van die gemeenskappe het geblyk uit die wyse waarop hulle die buurtwagte bedank het en selfs soms vir hulle verversings gebring het. Ek wil graag van my kant af elke buurtwaglid in die Mooirivierstreek bedank vir hulle onbaatsugtige diens,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir Mooirivier.

Raak vandag nog by AfriForum se buurtwagte betrokke. Jy kan help om jóú omgewing te beveilig: SMS “Buurtwag” na 45344 (R1).

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button