Local newsNews

Reuben wen Goliat-prys met kolossale komkommer

Reuben werskaf al van kleins af graag in die tuin saam met sy Oupa Barend, eienaar van Esterix Pool and Spa in Meyerton, wat die saad vir die bielie-komkommer by 'n vriend uit Spanje gekry het.

 

MEYERTON. – Klein Reuben de Beer (5) is nog net ‘n paar bakstene hoog, maar hy het vroeër die maand sy plek in gróót geselskap ingeneem toe hy ‘n welverdiende prys by die Goliat van Gat-fees in Pretoria gewen het.
Reuben het die afgelope maande hard gewerk om ‘n komkommerplant te versorg wat hy op sy sakeman-oupa, mnr. Barend Coetzer, se erf in Meyerton help plant het. Een van die komkommers het uiteindelik tot ‘n bielie van 2 kg ontwikkel. Dit is met die hulp van sy oupa vir die Pretoria-boeremark ingeskryf, waar Reuben se harde werk met ‘n Goliat van Gat-sertifikaat beloon is.
Reuben werskaf al van kleins af graag in die tuin saam met sy Oupa Barend, eienaar van Esterix Pool and Spa in Meyerton, wat die saad vir die bielie-komkommer by ‘n vriend uit Spanje gekry het. En noudat Reuben die soet vrugte van sukses geproe het, gaan hy beslis met nóg meer toewyding in die tuin werk!

Reuben de Beer (5) met sy sertifikaat
Reuben en sy oupa, mnr. Barend Coetzer, wat graag saam in die tuin werk.
Reuben de Beer (5) met die reuse-komkommer wat vir hom ‘n prys by die Goliat van Gat-fees besorg het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button