Local newsNewsNews

Vereeniging vir ure sonder internet nadat veseloptiese kabel wéér op geheimsinnige wyse “knak”

Inwoners van Vereeniging is Sondag (26 Maart 2023) vir ten minste drie ure sonder internet gelaat nadat 'n veseloptiese kabel op 'n geheimsinnige wyse geknak het.

VEREENIGING. – Vumatel, ‘n diensverskaffer, het laat weet dat verskeie kliënte Sondag (26 Maart 2023) beperkte of geen diens ervaar het.

Ingenieurs het van 14:00 tot 17:00 aan die probleem gewerk voor die internetverbinding uiteindelik teen Sondagaand herstel is.

Volgens inligting wat op ‘n WhatsApp-groep deurgegee is was die breekplek op ‘n kabel van ‘n derde party.

Dit is blykbaar nie die eerste keer wat so ‘n breek ontstaan nie.

Die nuustste knakplek op die veseloptiese kabel. Foto: WhatsApp
‘n Vorige knakplek wat ook inwoners vir ure lank sonder internetverbinding gelaat het. Foto: WhatsApp
Vumatel se verduideliking aan kliënte waarom die internet Sondag (26 Maart 2023) weer vir drie ure lank af was. Foto: WhatsApp

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button