Local newsNewsNews

ANC-beheerde Emfuleni keur 8 voorstelle van VF Plus goed

Volgehoue druk op die ANC-regering kan wel suksesvol wees soos bewys is met die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit se aanvaarding van agt van die VF Plus se voorstelle tydens ʼn raadsvergadering.

“Die voorstelle wat dienslewering bevorder, is tot voordeel van alle inwoners en dwing die burgemeester, Sipho Radebe, en die munisipale bestuurder, April Ntuli, om streng beheer oor projekte te handhaaf,” sê rdl. Gerda Senekal, VF Plus-raadslid: Emfuleni-plaaslike munisipaliteit.

Die aanvaarde voorstelle is as volg:

  1. Kontrakte wat op 31 Maart vanjaar ten einde loop, word verleng tot 30 September 2024 om die rehabilitasie en herseëling van bestaande teerpaaie soos nodig uit te voer.

 

  1. Huidige diensverskafferkontrakte word vir 18 maande verleng vanaf 31 Maart tot 30 September 2024.

 

  1. ʼn Openbare deelnameproses soos aangedui in artikel 116 van die Munisipale Finansiële Bestuurswet vir die plaas van advertensies word goedgekeur. Die openbare deelnameproses sal 14 dae duur in afwagting op kommentaar van die gemeenskap. Die munisipale bestuurder en burgemeester moet ʼn finale verslag met alle kommentaar aan die raad voorlê.

 

  1. Die rekenmeester is verantwoordelik vir die hernuwing van alle kontrakte wat op 31 Maart verval.

 

  1. Die huidige kontrakteurs se name sal op die Emfuleni-munisipaliteit se webtuiste verskyn.

 

  1. Indien die Emfuleni-webtuise nie aktief  is nie, sal die nodige inligting in alle plaaslike koerante gepubliseer word en ʼn harde kopie in die plaaslike biblioteek vir kennisname geplaas word.

 

  1. Indien die goedgekeurde kontrakteurs nie hul werksaamhede suksesvol uitvoer nie, sal die kontrak gekanselleer word.

 

  1. Die diensooreenkoms met huidige verskaffer van Emfuleni se webtuiste moet gefinaliseer word.

Die huidige finansiële 2022/23-begroting maak voorsiening vir R260 miljoen wat die Gautengse provinsie bewillig is om die projekte wat op 31 Maart verval, vir ʼn verdere 18 maande te verleng.

“Die VF Plus het die voorstelle ingedien om seker te maak dat openbare deelname plaasvind en maatreëls te bewerkstelling om korrupsie uit te skakel. Indien diensverskaffers en kontrakteurs nie aan voorgeskrewe standaarde voldoen nie, sal hul kontrakte dadelik beëindig word,” sê rdl. Senekal.

Volgens voorskrifte van die Munisipale Finansiële Bestuurswet sal ʼn proses van ʼn mededingende aanbod gevolg word.

“Die VF Plus in Emfuleni het nog nooit teruggestaan vir die ANC-beheerde raad nie en sal aanhou om druk op die raad te plaas tot voordeel van die inwoners,” sluit rdl. Senekal af.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button