Local newsNewsNews

Man sterf toe voertuig op R59-snelweg rol

‘n Man is vroeg Maandagoggend oorlede toe hy beheer oor sy voertuig verloor en die Volkswagen Golf op die R59-snelweg gerol het.

VEREENIGING. – Die ongeluk het Maandagoggend omstreeks 03:00 tussen Redan-afrit en die Pierneef Boulevard-afrit op die R59 gebeur.

Die bestuurder van die wit Volkswagen Golf was glo in Johannesburg se rigting onderweg toe hy beheer oor die voertuig verloor het.

Vaalweekblad verneem die insittende van die voertuig het op die toneel aan beserings beswyk en was reeds dood toe insleepdienste en nooddienswerkers by die toneel opgedaag het.

Geen ander voertuie was by die botsing betrokke nie en niemand anders is in die ongeluk beseer nie.

Die ongeluk het Maandag verkeersontwrigtings op dié besige pad veroorsaak.

Die man is dood toe hy omstreeks 03:00 Mandagoggend (27 Maart 2023) beheer oor sy voertuig verloor het. Foto: A Assist Towing
Insleepdienste en nooddienswerkers vroegoggend op die ongelukstoneel op die R59. Foto: A Assist Towing
Die voertuig word weggesleep. Foto: A Assist Towing

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button