NewsNews

Drie Riviere en Risiville Woensdag (19 April 2023) sonder krag

Inwoners van Drie Riviere, Risiville en omliggende gebiede (Kubali Estates, Risi Small Farms, McKay Estates en Glen Donald) moet hulle Woensdag (19 April 2023) staal vir ‘n dag sonder elektrisiteit.

VEREENIGING. – Die krag sal vir altesaam nege ure (08:00 tot 17:00) afgeskakel word om werkers tyd te gee om ‘n brandmuur by die Drie Riviere/Risiville substasies op te rig.

Die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit vra verskoning vir die ongerief en die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit sê alles moontlik word gedoen om die kragonderbreking so kort as moontlik te hou.

Hoewel die krag tussen 08:00 en 17:00 af sal wees word inwoners vir veilgheidsonthalwe gevra om die kragtoevoer gedurende hierdie tyd as lewendig te ag.

Die kennisgewing wat deur die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit uitgereik is. Foto: Verskaf
Die kennisgewing wat deur die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit uitgereik is. Foto: Verskaf

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button