Local newsNews

Dagboek nou al dié Boerejol in Junie!

Daar is nog plek vir enkele kosstalletjies sowel as ander stalletjies. Kontak Hendrik by 084 705 5937 om 'n stalletjie te bespreek of meer daaroor uit te vind.

VANDERBIJLPARK. – Hier wag ‘n ware fees op Valies: ‘n Mark- en feesdag word vir 24 Junie by die Centurions Motorfietsklub se klubhuis in Shakespearestraat beplan. Dit sal die oggend om 09:00 begin en tot omstreeks 16:00 aanhou.
Die dag sal ‘n kombinasie van ‘n boeremark, vlooimark en buitelewe-uitstalling wees. Alle winste gaan gebruik word om in die behoeftes van minderbevoorregtes in die plaaslike gemeenskap te voorsien.

Hoewel die naam van die dag “Boerejol” is, wil die organiseerders graag mense van alle kulture en tale betrek om dit ‘n lekker dag vir die breë gemeenskap te maak.
Die Boerejol word aangebied in samewerking met AfriForum se Vanderbijlparktak en die Centurions Motorfietsklub. Dit is een van die min kere per jaar wat die Centurions Motorfietsklub sy deure oopmaak vir die hele gemeenskap en nie net vir motorfietsryers nie.

Op die verhoog, beman deur DJ Ben, sal daar ‘n vol program wees. Verskeie sangers gaan optree en musiek verskaf wat in almal se smaak sal val. ‘n Veilige speelplek en gratis aktiwiteite vir kinders sal heeldag beskikbaar wees. Die kinder-area sal deur Helpende Hand se maatskaplike dienste beman word.
Kosstalletjies sal ‘n wye verskeidenheid eetgoed te koop aanbied. Lekkernye soos koeksisters, melkterk, ander gebak asook koffie en tee sal beskikbaar wees. Spesialiteit-stalletjies soos mampoer, biltong en salami vorm deel van die dag. Ander stalletjies sal iets van alles te koop aanbied. Die organiseerders beoog om die hele perseel vol stalletjies te hê. Centurions se kroeg sal die hele dag oop wees vir verversings.

Interessante aktiwiteite tydens die Boerejol sluit ‘n Sterkman- en Sterkvrou-kompetisie in en daar sal ook ‘n toutrekkompetisie vir skole en volwassenes wees.
Daar is nog plek vir enkele kosstalletjies sowel as ander stalletjies. Kontak Hendrik by 084 705 5937 om ‘n stalletjie te bespreek of meer daaroor uit te vind.

 

Só ken motorfietsgeesdriftiges die terrein van die Centurions Motorfietsklub in Vanderbijlpark, maar op 24 Junie gaan dit oop wees vir die algemene publiek om in die Boerejol te kom deel. Die dag word gesamentlik deur die Centurions en AfriForum se Vanderbijlparktak aangebied.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Check Also
Close
Back to top button