
Vaalweekblad kuier weer wyd hierdie week. Ons maak kennis met Luna, ‘n 20-jarige trekperd wat nou ‘n rustige aftrede het en leer een van die Vaal se jong skrywers, Jesse Pieters van naderby ken.
Dan is ons trots op Vanderbijlpark se Eike Jukskeiklub wat besonder goed gevaar het by die onlangse Jukskei Senior Burger Toernooi.
Ek het met die breinkrag agter UBee4Me, Nicoleen Harmse gaan gesels om meer te leer oor hierdie gedrewe besigheidseienaar met ‘n hart van goud.
In my rubriek, Ek sê maar net, gesels ek kopstukke oor diere en hul geite. Van Luna wat nie wou staan vir die kamera nie tot by astrante ganse en die berugte Fiona die donkie.
Onthou Vaalweekblad is nou Vrydae beskikbaar.
Lekker lees en groetnis van huis tot huis.
