VEREENIGING. – Elke leerder vanaf Gr. R tot Gr. 7 het kwaste gebring en hul kunsvaardighede asook hul potensiële vakmanskap as skilders uitgeleef.
Volgens mnr. Marius Willemse, skoolhoof, het die beheerliggaam 800 liter verf voorsien vir die 323 panele wat geverf moes word.
Elke klas het ‘n aantal gekry om te verf.
Mammas, pappas, oumas en oupas het kom hand bysit en die middag saam met die Risi-familie geniet.
Willemse sê: “By Laerskool Risiville is niks onmoontlik nie! Die skoolheining is dié eerste plek waardeur iemand moet beweeg om ons pragtige skool met sy mooi versorgde fasiliteite te beleef.”
Volgens Willemse is die projek suksesvol afgehandel danksy Laerskool Risiville se trotse leerders en passievolle personeel.
