100 dae sedert Danika se kankerdiagnose
Meer as ‘n 100 dae het verloop sedert André van Tonder en sy vrou Christine met ‘n skok uitgevind het hul dogtertjie, Danika van Tonder, het ’n gewas so groot soos ‘n appel op haar brein.
VEREENIGING. – Danika het Maart vanjaar ‘n operasie ondergaan waartydens die tumor verwyder is.
Sy was aanvanklik baie siek en swak, het haar spraak en balans verloor en was volgens André weer soos ‘n pasgebore babatjie wat van voor af moes leer praat.
Toetse wat in Maart gedoen is was dat Danika voorlopig vry van kanker is.
Chemoterapie het in April begin en die volgende stap is bestraling.
Danika is nou heelwat sterker, kan al baie mooi praat, maar sukkel nog met haar balans.
Volgens André is die pad na herstel egter nog lank.
“Die pad is nog bitter lank voordat Danika net weer ‘n kind kan wees en kan speel.
“Sy is nou halfpad met die chemoterapie. Daar is nog drie sessies oor, waarna sy bestraling moet ontvang. Blykbaar sal sy vir 30 sessies moet gaan.
“Ons ry haar elke keer aan wanneer sy hospital toe moet gaan. Ek werk vir myself en is maar bitter min by die werk. Dinge is rof, maar ons cope,” vertel André.
Die Van Tonders vra steeds vir mense se gebede.
Mense wat bereid is om finansieël by te dra kan geld in André van Tonder se rekening in te betaal.
Die rekening is by Standard Bank en die rekeningnommer vir die tjekrekining is 282004726.
Daar is n trustrekening vir Danika geskep, maar volgens André kan die trustrekening net gebruik word vir mediese onkostes en sluit dit byvoorbeeld nie goed soos poppies en klere in nie.
Daar is ‘n Facebook-groep waar mense gereelde opdaterings oor Danika se toestand kan kry.

