Local newsNews
Overvaal trots op hul skietkampioen
Lienke Fowlds het die eerste plekke ingeryg nadat sy keer op keer die kol getref het. Sy is onlangs as kampioen gekroon.
VEREENIGING – Lienke Fowlds weet hoe om te korrel en sekuur te skiet. Sy het die jaar weer besonder goed gevaar in verskeie skietkompetisies. Haar harde werk is beloon toe sy op 7 November as die 016 Nasionale Kampioen in Druklug geweer aangewys is.
Die toekenningsgeleentheid was deel van die SA Jagtersvereniging se Kongres. Hoërskool Overvaal is trots op hul jong skut en sê haar prestasie getuig van haar toewyding, deursettingsvermoë en harde werk deur die loop van die seisoen.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
