Local newsNewsNews

Eskom sal self nou krag aan inwoners van Emfuleni verskaf

Die VF Plus het in 'n verklaring gesê hy neem kennis van die hooggeregshof in Pretoria se uitspraak op 5 Julie dat die Emfuleni-munisipaliteit en Eskom ʼn werkbare oplossing moet vind hoe Eskom direk elektrisiteit aan verbruikers kan voorsien.

In die hofuitspraak is Eskom en Emfuleni ʼn tydperk van ses maande gegun om ʼn oplossing te vind. Eskom sal ook direk elektrisiteitsrekeninge aan verbruikers stuur.

Die hof het verder bepaal dat Eskom 7% van die elektrisiteitstarief aan Emfuleni-munisipaliteit moet terugbetaal vir die munisipaliteit se infrastruktuur.

Eskom het die hooggeregshof genader vir historiese skuld van die munisipaliteit wat sedert 2018 uitstaande is.

Die hooggeregshof het reeds verskeie kere uitspraak teen die munisipaliteit gelewer om sy skuld aan Eskom te vereffen. Eskom het selfs die Emfuleni-munisipaliteit se bankrekening laat vries wat beteken dat feitlik geen diensverskaffers betaling ontvang het nie.

Die VF Plus het in ʼn verklaring die hoop uitgespreek uit dat ʼn werkbare oplossing gevind sal word sodat inwoners van Emfuleni nie langer gestraf word vir die wanbestuur van die munisipaliteit nie.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button