‘n Oggend saam met sanger Piet Smit
Bekende gospelsanger is eersdaags in Vanderbijlpark. Lees meer...
VANDERBIJLPARK. – Die bekende en geliefde sanger Piet Smit tree 17 Junie by NG Collage gemeente op.
Piet is bekend vir sy besonderse gawe om deur sang die Evangelie oor te dra. Hy is al vir dekades deel van die Afrikaanse musiekbedryf en sy Oorwinningslied se woorde is onlangs in die FAK se liedjietuin vasgevang.
Naas sy uitsonderlike liedjies is Piet ook skilder en skrywer. Hy deel elke week vyf oordenkings op sy webtuiste www.pietsmit.com.
Die NG Collage nooi almal uit om Saterdagoggend, 17 Junie om 10:00 ‘n spesiale oggend saam met Piet Smit by te woon.

Kostes beloop R100 per persoon wat ‘n ligte ete insluit.
Die gemeente is op die hoek van Siemens en Hertz-boulevard in CW3 geleë. Vir navrae en besprekings kontak vir Madelein op 071 462 2123.
