Local newsNewsNews
Stem vir Chloé-Jade – Miss Teen World SA finalis
Chloé-Jade Christian is een van die Vaal se talentvolste jong sterre en 'n finalis in die Miss Teen World SA kompetisie.
VEREENIGING. – Een van die Vaal se talentvolle tieners, Chloé-Jade Christian is ‘n finalis in die Miss Teen World SA kompetisie.
Die groot kroningsplegtigheid vind Saterdag, 10 Junie in Pretoria plaas. Die jonge dame het ‘n besige skedule die maand.
Na Saterdag se groot kompetisie vertrek sy op 21 Junie na die International Modeling & Talent Association IMTA se groot byeenkoms in New York.
Sy het verlede jaar gekwalifiseer om aan sang, drama en modelwerk daar te gaan deelneem.
Maar, vir eers is haar aandag op die Miss World SA kompetisie. Valies word gevra om hul stemme vir haar uit te bring. Al die inligting is op die bygaande foto.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
