Spesiale aand vir talentvolle ballerina
Ondersteun die spesiale aand by Kunstedraai Kunstesentrum
VANDERBIJLPARK. – Vicky Klopper is een van OnPointe Dansstudio se mees begaafde dansers.
Sy het reeds in graad 1 met balletklasse by Riëtte Odendaal begin en is tans ‘n eerstejaarstudent aan die Noordwes-Universiteit.

Vir die afgelope 18 maande het sy met ‘n spesiale beurs gevorderede balletklasse by ‘n senior ballet eksaminatrise in Johannesburg geneem.
In September moet Vicky twee belangrike eksamens afhandel, naamlik Advanced II en haar Associate eksamen. Laasgenoemde is haar onderwyseksamen waarna sy ook balletklasse sal kan aanbied.
Die koste van die eksamensfooie en om die pianis te betaal, beloop R15 000. Om fondse in te samel bied Kunstedraai Kunstesentrum in Offenbachstraat ‘n spesiale aand aan om fondse in te samel.
Riëtte Odendaal sê Spoken Two van Potchestroom gaan die aand optree en dan gaan Vicky ook haar solo-item van die jaar lewer.
Lekker wyn en goeie kos is ook op die spyskaart vir die aand. Die spesiale aand word beplan vir Vrydag, 23 Junie en begin om 18:00 vir 18:30.
Kaartjies kan teen R120 per persoon by Kunstedraai in Offenbachstraat (agter die Spur in Frikkie Meyer-boulevard) gekoop word of kontak Riëtte by 064 683 9980.
