Local newsNewsNews

Winter Angels maak ‘n verskil

Die Winter Angel projek gaan elke jaar van krag tot krag. Dankie vir al die flukse breiers.

VANDERBIJLPARK. – Die Rotariër Klub van Vanderbijlpark se Winter Angel projek het weer gesorg dat verskeie instansies die winter vir kinders en bejaardes truie, mussies en serpe het.

Die Winter Angels projek is in Augustus 2020 geloods onder leiding van Jeanette Steyn Nortjé en gaan sedertdien van krag tot krag.

Woensdag, 31 Mei het die Rotariërs by The Bar with No Name bymekaargekom waar die 364 pakkies aan 12 instansies oorhandig is.

Hierdie jaar het 38 breiers saamgespan om alles betyds klaar te kry voor die groot koue toeslaan. Winter Angels is ‘n aaneenlopende projek en Jeanette het ‘n beroep gedoen op mense om aan te hou om serpe, mussies en truie (vir veral kinders tot 18 jaar) te brei en te hekel.

Skenkings van wol is ook welkom, aangesien die meeste gereelde breiers pensioenarisse is wat nie wol kan bekostig nie.

Kontak Jeanette by 082 774 9537 vir meer inligting.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button