Local newsNews

Gemeente herdenk 50 geseënde jare

Die gemeente se 50ste jaar gaan op Sondag, 11 Junie, om 09:00 met ‘n spesiale erediens van musiek en sang by die kerk in Japie Krigestraat 28, Unitaspark, gevier word

VEREENIGING. – Lidmate van die NG Gemeente Unitaspark vier op 11 Junie met groot dankbaarheid die gemeente se 50ste bestaansjaar. Die gemeente het op 17 Junie 1973 amptelik van die Herman Steyn-gemeente afgestig, met ds. J.J. Lamprecht as eerste leraar.

Die lidmate en gemeente is bekend vir hul aktiewe diens in die gemeenskap en het die afgelope 50 jaar ‘n merkwaardige stempel op die harte en lewens van baie afgedruk. Die gemeente se aktiwiteite, soos die jaarlikse basaar, einde Oktober, is alom bekend. Van die grootste gebeure in die afgelope jare was die ontwikkeling van ‘n aftreeoord langs die kerk (Unitas Oord), en die feit dat die twee gemeentes, Herman Steyn en Unitaspark, op 1 Maart 2018 weer een geword het.

Die gemeente se 50ste jaar gaan op Sondag, 11 Junie, om 09:00 met ‘n spesiale erediens van musiek en sang by die kerk in Japie Krigestraat 28, Unitaspark, gevier word. Dit sal gevolg word deur ‘n  middagete vir gemeentelede en eregaste. (Mense wat dit graag wil bywoon, word vriendelik versoek om vooraf met die kerkkantooe in verbinding te tree).

“Met ‘n verjaarsdag kyk mens altyd in twee rigtings naamlik terug maar ook vorentoe,” sê die huidige leraar, ds. JJ Redelinghuys. “Mag NG Unitaspark altyd in die jare wat voorlê, ons absolute afhanklikheid van ons Vader besef. Mag ons as gemeente ons altyd laat lei deur die drie-enige God en nooit Sy beloftes vergeet nie.”

 

Die NG Unitaspark-gemeente se kerkgebou in Japie Krigestraat 28.

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Check Also
Close
Back to top button