Local newsNewsNewsSport

Ontmoet Comrades 2023 se tweede jongste deelnemer!

Sy is die tweede jongste deelnemer by vanjaar se Comrades Ultramarathon en is ongelooflik opgewonde om aan dié roemryke wedloop deel te neem.

*Volledige storie in die gedrukte weergawe van hierdie week se Vaalweekblad.

MEYERTON. – Die 20-jarige Marelize la Grange van Meyerton wil Sondag, 11 Junie haar droom om die Comrades Marathon te voltooi saam met haar pa, Phillip la Grange (45), verwesenlik.

Atlete moet 20 wees op die dag wat hulle aan die wedloop deelneem en Marelize het op 17 Oktober verlede jaar mondig geword!

Marlize sê ‘n vuurtjie is binne haar aangesteek toe sy verlede jaar se wedloop gekyk het.

Dit het haar laat besluit om in te skryf en aan die wedloop deel te neem.

Pa Phillip het in 2018 die wedloop aangedurf, maar moes die handdoek ingooi toe ‘n kniebesering hom gekortwiek het.

Phillip hoop om hierdie jaar, met sy dogter aan sy sy, oor die eindstreep by die Kingsmead-krieketstadion in Durban te kom voor die skoot teen 17:30 Sondagmiddag klap.

Phillip la Grange (45) en sy dogter, Marelize (20), durf Sondag die Comrades Marathon aan. Marelize is die tweede jongste deelnemer by vanjaar se Comrades. Foto: Verskaf

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button