Local newsNewsNews

Plaaslike hospitale, skole en klinieke wat agterstallig is se krag van Maandag gesny

Uit Emfuleni se 45 wyke is daar net sewe wat 80% van hul maandelikse diensterekening vereffen.

Mediaverklaring: Gerda Senekal VF Plus-raadslid: Emfuleni-plaaslike munisipaliteit

Dit wil voorkom of die Gautengse premier, Panyaza Lesufi, se ingryping in die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit meer skade as goed kan doen.

Lesufi se opdrag om alle staatsinstansies soos skole, staatshospitale en klinieke wat agterstallig met munisipale rekeninge is, se krag Maandag te begin sny, is nie ʼn oplossing nie.

Die Gautengse regering is verantwoordelik vir dié instansies se munisipale rekeninge en Lesufi moet eerder druk op die onderskeie departement plaas om getrou maandeliks hul diensterekeninge te vereffen.

Die afsny van kragtoevoer na staatshospitale en klinieke gaan ook hul dienslewering aan inwoners benadeel.

Inwoners, ondernemings en staatsinstansies skuld Emfuleni sowat R120 miljoen.

Die VF Plus het Lesufi gewys op die 90 000 HOP-huise wat die Gautengse regering in Emfuleni opgerig het, maar nie op die eienaars se name geregistreer het nie.

Die munisipaliteit verskaf dienste aan die inwoners sonder dat hulle daarvoor betaal.

Die verlies aan inkomste is baie groot, maar die munisipaliteit het geen plan om die dienstegelde te verhaal of eienaarskap te finaliseer nie.

Lesufi kan met die beste planne na Emfuleni kom, maar solank die politieke wil ontbreek, is daar nie lig aan die einde van die tonnel vir inwoners nie.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button