Outdoor X ‘n groot sukses
Vaalweekblad was daar om foto's te neem. Kyk wie en wat het ons aandag getrek.
MIDVAAL. – Die Valies was uitgehonger vir buitelug pret.
Dit was duidelik te sien aan die lang ry mense wat die afgelope naweek geduldig gewag het om ‘n kaartjie te koop vir Outdoor X (goeie raad: koop volgende keer jou kaartjie aanlyn).
Dit was die eerste keer sedert 2019 dat dié gewilde buitelugskou aangebied is. Die pandemie het vir twee jaar in die pad van pret gestaan, maar vanjaar was dit weer sulke tyd.
Outdoor X is van Vrydag 2 Junie tot Sondag 4 Junie, by Hartsfeld Plaas in Midvaal gehou.
Die organiseerders het rede om in hul skik te wees. Daar was ‘n magdom uitstallers en duisende besoekers oor die naweek.
Hier is van die besoekers op kamera vasgevang. Foto’s: Elsje Vermeulen





















