Local newsNewsNews

Vlytige vingers sorg vir hekel marathon sukses

Die ATKV Safarie Hekel Marathon was 'n groot sukses en die Hekel en Kekkel groep in Vanderbijlpark het behoorlik hul kant gebring.

VANDERBIJLPARK. – Einde Mei het die groot ATKV Safari Hekel Marathon landswyd van Vrydagmiddag 12:00 tot Saterdagaand 18:00 geduur.

Teen Saterdagaand was daar 70 805 oumablokke (granny squares) landswyd klaar. Die vorige landswye rekord van net oor die 21 000 blokke is reeds om 01:30 verbygesteek.

Die organiseerders van die Hekel en Kekkel hekelmarathon in Vanderbijlpark by van die kombers wat reeds klaar is. Van links is Marietjie Scott, Marelize Degenaar en Mariëtte de Klerk. Foto: Gerda Bruinette

In Vanderbijlpark het die dames van die Hekel en Kekkel groep behoorlik gewikkel om blokke te hekel en het hul 3375 blokke en 42 komberse klaargemaak.

Die vrolike dames het by die LCF kerk in Rossini-boulevard hul hekelmarathon gehou. Dames het by die groep ingeval soos hul Vrydag van die werk afgekom het en teen Vrydagaand 21:00 is 45 hekelpenne al op verskillende tye ingespan.

Daar was genoeg koffie, eetgoed en selfs musiek om die vingers vinnig en vlytig te hou. Die kerksaal was behoorlik gepak met dames wat gekuier en gehekel het.

Onder elkeen se vingers het ‘n ander patroon vorm aangeneem in die mooiste kleure. Op die verhoog is die klaar blokke uitgestal in ‘n wye verskeidenheid van kleure.

Van die dames het met die groot taak begin om die blokke aanmekaar te hekel om komberse te vorm. Aangesien die meeste groeplede voltyds werk, het hul besluit om die meeste van die gehekelde blokke net so aan te stuur na die ATKV Arendsnes in Roodepoort waar die blokke in komberse omskep sal word.

Al die komberse sal dan deur die ATKV onder behoeftiges versprei word.
Die gees onder die Hekel en Kekkel groep was besonders.

Daar is elke uur ‘n breek gevat waar die bekende Macarena gespeel is en almal dan opgespring en saamgedans het.

Almal was dit eens dat die marathon hul uitgeput het, dit vat nogal aan ‘n mens om so lank stil te sit en die een 20 by 20 cm blok na die ander te hekel, maar die aksie het hul so geïnspireer dat hul besluit het om dit eersdaags weer te doen.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button