Meester kitaarspeler, Tony Cox by ERT
Eenmalige vertoning van die meester kitaarspeler, liedjieskrywer en sanger, Tony Cox by die ERT.
SASOLBURG. – Die Suid-Afrikaanse akoestiese kitaarspeler, sanger en liedjieskrywer, Tony Cox is wêreldwyd bekend vir sy uitmuntende kitaarspel. Hy is tans in Suid-Afrika op toer en kom maak ook in Sasolburg ʼn draai.
Musiekentoesiaste kan uitsien na ʼn wêreldklas-vertoning by die Etienne Rousseau Teater (ERT) Woensdag, 28 Junie.

Hy noem die vertoning Sommer Home Vibes en gaan weer met sy kitaarspel bekoor. Die vertoning begin 0m 18:30.
Cox het al 23 albums agter sy naam. Die jongste een, The World Went Quiet, is in 2021 vrygestel
Sy vertonings trek die gehoor in met sy droë sin vir humor, goeie stories en dan natuurlik musiek uit die boonste rakke.
Kaartjies kan by www.ertickets.com bespreek word teen R300 per persoon en R250 vir persone ouer as 60 jaar.
Tony Cox skenk sy inkomste van die vertoning aan liefdadigheid. Vir meer inligting besoek gerus die webwerf www.tonycox.co.za.
