Gholfdag ter insameling van fondse vir netbalspeler se toer
PC Pretorius, 'n kranige netbalspeler van Meyerton, is gekies vir die gemengde o.23-aksienetbalspan wat Suid-Afrika in Augustus by die Aksienetbal-Drienasiestoernooi in Brisbane Australië sal verteenwoordig.
MEYERTON. – PC is een van slegs ‘n handjie vol aksienetbalspelers van regoor die land wat gekies is om Suid-Afrika by die Drienasiestoernooi te verteenwoordig.
Suid-Afrika sal hier teen Australië en Nieu-Seeland te staan kom.
Om fondse vir PC se oorsese toer in te samel word ‘n gholfdag op 14 Julie omstreeks 11:00 by Makkouvlei-gholfbaan in Vereeniging gehou.
Dit kos R1 600 om ‘n span van vier in te skryf.
Daar is ‘n beperkte aantal gholfkarretjies, so hoe gouer jy bespreek hoe beter.
Die gholfdag sluit ‘n liigte middagete in.
Registrasie vind vanaf 10:00 plaas.
Skakel PC Pretorius by 078 100 8851 om plek te bespreek.
*Indien jy nie die gholfdag kan bywoon nie, maar belangstel om PC uit te help is sy bankbesonderhede as volg:
PC Pretorius
Capitec Bank
Spaarrekening
136 779 3767
Voeg jou naam en van by as verwysing.


