Local newsNewsNews

Bestuurslisensie hernuwing – die feite

Rondom die hernuwing van bestuurlisensies is daar baie verwarring. Hier is die feite….

SASOLBURG. –  Maandag, 26 Junie is ek na die lisensiekantore in Sasolburg en het 3½ ure later die plek verlaat met ʼn tydelike lisensie en ʼn bewys van betaling in die hand.

Sasolburg is ʼn gewilde bestemming vir mense wat hul bestuurslisensie wil hernu. Hier word nie aanlyn afsprake gemaak nie, dis iets wat net geld in Gauteng.

Kom gewapen met hope geduld, ʼn swart pen, ʼn bewys van adres, ʼn afskrif van jou I.D, jou bestuurslisensie en ʼn verslag van jou oogkundige.

Ja, hul kan jou oë ook daar toets, maar hul aanvaar die vorms van ʼn oogkundige.

Indien ʼn tydelike lisensiekaart benodig word, neem twee volkleur I.D foto’s saam. Andersins word die foto’s binne geneem teen R50 vir vier foto’s. Let wel, die foto’s moet kontant betaal word.

Die nuwe bestuurslisensiekaart se kostes is R186 en ʼn tydelike bestuurslisensie R48.

Slegs kaartbetalings word sedert 1 Desember 2022 aanvaar, volgens ʼn nota wat bokant die toonbank opgeplak is.

Parkering is buite die terrein op die sypaadjie beskikbaar. Val agter in die ry voor die groot deure in.

Die ry (bondel) op die trappe is vir betalings, die ry heel regs by die ander deur is vir die afhaal van nuwe kaarte.

Die groot-wag ry is onder koeltebome. Personeel sal verby kom en I.D nommers vra wat hul intik op ʼn rekenaar om iets na te gaan.

Wat die iets is, het hul nie gesê nie, maar ek het die antwoord “your clear to go” gekry.

Dan word ʼn vorm ingevul waarop jou besonderhede verlang word en hoekom jy in die ry staan. Let wel, motorlisensies kan nie daar hernu word nie, slegs bestuurslisensiekaarte.

Die deur word van die binnekant gesluit en net ʼn handvol word op ʼn slag ingelaat. Binne word ʼn vorm vir jou gegee.

Dan kom die lang sit tot om die hoek waar jy in die kamer ingelaat word vir die nodige foto, duimafdrukke, oogtoetse ens.

Vandaar kry jy ʼn pakkie papiere en dan moet jy geduldig voor die toe deur gaan wag om uitgelaat te word om agter in die betaal-ry te gaan val.

Wanneer jy uiteindelik klaar betaal het en jou papiere het, word jy meegedeel dat jy oor twee maande jou lisensiekaart kan kom afhaal.

En, dis hoe maklik (ongemaklik) dit is.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button