Kom kuier Saterdag saam by die Windpomp Plaasmark
Daar is nog ruimte beskikbaar vir stalletjies en uitstallers. Kontak Elbie by 084 506 1314 vir meer inligting.
MEYERTON. – Almal wat graag wil wegbreek uit die daaglikse stadsgewoel kan Saterdag, 8 Julie kom kuier by die Windpomp-plaasmark op die plaas Kookfontein in Midvaal.
Bring die hele familie want daar gaan lekker musiek, lekker kos en hope tuisgebak wees wat in almal se smaak sal val. Onthou om ook genoeg geld te bring om van die unieke handgemaakte produkte te koop. Die kleingoed sal goed besig gehou word met ‘n springkasteel en ‘n prettige speelterrein.
Toegang is gratis. Die mark begin Saterdag om 09:00 en hou aan tot omstreeks 13:00. Voer hierdie adres op jou GPS in vir aanwysings: 48 Donald Road, Meyerton.
* Daar is nog ruimte beskikbaar vir stalletjies en uitstallers. Kontak Elbie by 084 506 1314 vir meer inligting.
Besoek hierdie Facebook-blad vir meer inligting: https://www.facebook.com/plaaslikebesigheid

